Nuwe waterwyse tuin en labirint vir Calitzdorp

Calitzdorpers kuier saam by die inwyding van die nuwe vetplanttuin (onder links) en labirint (0nder regs) by die NG Kerk Calitzdorp. Foto’s verskaf

DIE afgelope aantal jare se droogte asook die gewildheid van Calitzdorp se jaarlikse Vetplantfees het die NG Kerk Calitzdorp geinspireer om ’n waterwyse tuin op die kerkterrein aan te lê.

Die kerk, wat sentraal in die middedorp geleë is, word deur baie toeriste besoek en almal is nou welkom om die nuwe kerktuin te besoek.

Die tuin is in net ’n bietjie meer as 18 maande aangelê, met die fokus op waterwyse, inheemse plante. Daar is tans ten minste 58 inheemse plantspesies en 10 inheemse bome op die terrein.

’n Labarint, geskoei is op die model van die katedraal in Chatres in Frankryk, een van die oudste Christelike labarinte, is ook in die tuin gebou en bied besoekers die geleentheid van rus en oordenking.

Die tuin is op 17 Oktober feestelik ingewy met ’n tee en heerlike eetgoed.