Bo en onder: Solly Dyssel van Colridge View in Oudtshoorn se dahlias blom tans weer in ’n verskeidenheid kleure in sy vrolike herfstuin. Dié oud-skoolhoof sê self hy dink hy is Oudtshoorn se dahliakoning! In sy tuin is verskeie dahliasoorte, soos die Sir Al Ramsy, die Queen Elizabeth, die Queen Mary, die Lady Di en ’n dahlia wat vernoem is na Nelson Mandela. Dyssel plant sy dahliabolle in November, voordat die warmste somerdae in die Klein Karoo aanbreek, in grond wat bemes is met beesmis. Foto: Liesel le Roux
