Onder is die snytjies koppiebrood en bo die gaar broodjie nog in die koppie. Foto’s: Liesel le Roux

Die volgende broodresep is vinnig, lekker en geskik vir diabete en diegene wat ’n banting-dieet volg. Van die bestanddele is duur, maar omdat ’n mens min op ’n slag gebruik, hou dit lank.
Bestanddele:
1 eier
3 e amandelmeel
1 e klappermeel
½ t bakpoeier
2½ e olyfolie/botter
2 e water
Metode:
1. Smeer ’n koppie met botter.
2. Klits een eier.
3. Voeg die amandelmeel, klappermeel, bakpoeier, olyfolie/botter en water by en meng.
4. Skep in koppie en mikrogolf vir 90 sekondes op hoog.
5. Laat staan 1 of 2 minute in die mikrogolf, keer uit dat dit kan afkoel, sny in vier snye en geniet!
Alternatiewe: Voeg 1 e sonneblomsaad of pampoenpitte by. ’n Bietjie sesamesaad of 50 g gerasperde kaas by die beslag is lekker.