Klein Karoo Saad gee erkenning

2026 Kategorie Wenners: Agter van links: Pietman Schoeman, Schoeman Laubscher, Jan-Jurie Schoeman, Andrew Foster, Kobus Lategan, Robbie Brown. (Afwesig: André Bruwer, Luan Tottleben) Voor van links: Christoffel Spies, Jurie Klue, David Malan (besturende direkteur van KKSP), Pieter Burger (produksiebestuurder van KKSP), Cara Fourie, Kosie Burger en Kobus Terblanche.

2026 Kategorie Naaswenners:
Agter van links: Francois Delport, Eugene van der Bank, Bertus Goussard, John Schoeman, Andrew Foster, Louis Jonck, Piet Schoeman, André de Wit, Jan Crafford, Henco Schoeman, Louis Zaayman, Hardy Wessels.
Voor van links: Johan Nel, Leon Theunissen, Anthonie Troskie, Piet Smit, David Malan (besturende direkteur van KKSP), Pieter Burger (produksiebestuurder van KKSP), Blackie Swart, Blackie Swart, Boeta Schoeman en Johan Cornelius.

Nuwe toetreder en vrou in landbou.
Van links: Kosie Burger, nuwe toetreder, David Malan (besturende direkteur van KKSP), Pieter Burger (produksiebestuurder van KKSP), en Cara Fourie.

Internasionale kundiges deel kennis met produsente

Plaaslike saadprodusente en rolspelers in die landboubedryf het Woensdag, 23 September, die geleentheid gekry om eerstehands van internasionale kundiges te hoor toe Klein Karoo Saad (KKS) ’n Internasionale Saadbedryf-inligting-sessie by Langenhoven Gimna- sium aangebied het.

Die bedryfsprogram is in ’n markiestent op die skoolterrein aangebied, met drie sprekers, uit Suid-Afrika en Europa, wat hul kennis en perspektiewe oor die internasionale saadbedryf gedeel het.

Dr. Lukeshni Chetty, algemene bestuurder van die South African National Seed Organisation (SANSOR), was eerste aan die woord. SANSOR verteenwoordig die Suid-Afrikaanse saadbedryf en is onder meer betrokke by saadsertifisering, gehaltestandaarde en die regulatoriese omgewing waarin die bedryf funksioneer.

Sy is gevolg deur Kim Nielsen van Denemarke, besturende direkteur van Vikima Seed A/S. Dié Deense onderneming spesialiseer in die vermeerdering en produksie van groente- en blomsaad en werk met produsente in onder meer Denemarke, Frankryk en die VSA.

Garlich von Essen van Duitsland, sekretaris-generaal en uitvoerende hoof van Euroseeds, wat die Europese saadsektor verteenwoordig was 3de aan die woord. Von Essen het landbou en ekonomie studeer en is reeds sedert 1999 by die Europese saadbedryf betrokke.

Die drie sprekers het plaaslike produsente ’n blik gegee op die saadbedryf vanuit verskillende hoeke – van die Suid-Afrikaanse en Europese bedryfsomgewing tot internasionale saadproduksie.

Terwyl die bedryfsprogram in die markiestent plaasgevind het, is die dames met ’n afsonderlike program in die Langenhoven Gimnasium-skoolsaal bederf.

Die bekende radio- en mediapersoonlikheid Amore Bekker het ’n motiveringspraatjie gelewer. Bekker was vir meer as drie dekades in die uitsaaibedryf en is veral bekend vir haar jare by RSG.

Later die oggend het Marinda Engelbrecht, sjef, kosskrywer en voormalige Kokkedoor-finalis, ’n kos- demonstrasie aangebied, met die hulp van Carl Snyman, Gimmies se skoolhoof.

Engelbrecht het deur haar televisie-optredes, kosprogramme en kookboeke ’n bekende naam in Afrikaanse koskringe geword.
Elke gas het ook ’n geskenk-sakkie vol KKS-geskenke ontvang. Soos intussen ’n gewilde tradisie geword het, was daar vanjaar weer ’n paar van KKS se unieke sokkies in die sakkie.

Vanjaar se sokkies het uie en wortels as motiewe gehad – ’n speelse verwysing na twee van die gewasse waarmee KKS sterk vereenselwig word. Dit is reeds die vierde jaar wat KKS unieke sokkies laat ontwerp en aan gaste uitdeel.

Die inligtingsessie het plaaslike produsente en belanghebbendes die geleentheid gebied om meer te hoor oor ontwikkelinge en tendense in die saadbedryf, terwyl die afsonderlike damesprogram ’n ligter deel van die dag se verrigtinge gevorm het.

Plaaslike Saadprodusente en rolspelers het Woensdagoggend bymekaargekom en kers aangesteek by internasionale saadkundiges.

Van links: Dr. Lukeshni Chetty, Garlich von Essen and Kim Nielsen

Carl Snyman, Gim se skoolhoof, het hand bygesit tydens die kosdemonstrasie.

Dames is in Gim se skoolsaal onthaal, met spesiale gassprekers, Amore Bekker, Marinda Engelbrecht en Michael Lindt.

Van links: Marinda Engelbrecht, Amore Bekker en Josephine Oosthuizen. Oosthuizen was die damesprogram se seremoniemeester.

Gaste is bederf met eetgoed en elk ’n geskenksakkie. KKS se gewilde groentesokkies was een van die geskenke.