Boerbokinligtingsdag lok belangstelling

Danie Strauss (links met mikrofoon) van BKB en kenner van boerbokrasstandaarde, spreek belangstellendes toe oor Showman, die boerbokram wat hier vertoon word terwyl Gerrie Ferreira (regs) toekyk. Die boerbokinligtingsdag wat Saterdagmiddag op Chandelier Wildplaas deur Karoo Livestock Exports aangebied is, was ’n groot sukses, sê Ferreira, eienaar. Sowat sewentig belangstellendes asook kenners het die inligtingsdag bygewoon. Volgens Ferreira het hy baie positiewe terugvoer gekry. “Daar is baie boere wat aangedui het dat hulle graag deel van ons telersgroep wil word,” het hy gesê. Gedu-rende die inligtingsdag het verskeie kundiges die besoekers oor onderwerpe soos teling, voeding en dieregesondheid toegespreek.