MET net ’n week oor voor 2018 se KKNK, kan twee lesers van Die Hoorn vandeesweek elk twee kaartjies wen na Operasie Holm, een van vanjaar se fees se lekkerste en snaakste vertonings.
In Operasie Holm is Marion Holm op die verhoog en deel sy die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het.
Marion speel weer eens al die rolle self en sê: “As jy iets ontstellend ernstig wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie.
“As jy egter wil glimlag en net ’n klein bietjie dink – kom kyk gerus!”
Operasie Holm is van 29 tot 31 Maart op die planke.
Wen so twee kaartjies na die eerste vertoning by die fees van Operasie Holm op Donderdag, 29 Maart, om 18:00:
1. Stuur ’n sms of WhatsApp met die volgende inligting na 073 217 7089 of gooi jou antwoord in die houer by PostNet in die Queen’s Mall op Oudtshoorn.
2. Skryf die antwoord neer van die vraag: Is Operasie Holm ’n komedie of tragedie?
3. Skryf jou naam, van en kontaknommer neer.
Belangrik: Elke leser mag net een keer vir die kompetisie inskryf.
Die kompetisie sluit op Maandag, 26 Maart, om 10:00.
Die name van die wenners sal uit al die korrekte antwoorde getrek word.
Die twee wenners sal telefonies in kennis gestel word, en hul name sal ook volgende week in Die Hoorn gepubliseer word.