Oudtshoorn-inwoners, kry nou jou weekkaartjie na vanjaar se Feesmark en spaar R100!

INWONERS van Oudtshoorn het nog tot volgende Dinsdag (28 Februarie) die geleentheid om ’n weekkaartjie vir vanjaar se KKNK-Feesmark teen ’n spesiale prys van R380 te koop. Dié weekkaartjie geld vir al nege dae van die fees (1 tot 9 April) en is R100 goedkoper as die gewone prys.

Dié kaartjies is slegs beskikbaar vir die KKNK-kantoor in Jan van Riebeeckweg 217.

Die kaartjie sluit onder meer die volgende in:
• Toegang tot die Feesmark vir elke dag van 1 Tot 9 April.
• Musiek by die dagverhoog.
• Kunsstalletjies, kosstalletjies, kroeë, die eerste KKN-feeswinkel, Liplekker en die pretpark.
• Vermaak in die Absa-kuierkamer.