AANSOEKE vir insluiting op die KKNK-program van die 25ste fees wat in Maart 2019 plaasvind, kan nou ingedien word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 2 Julie.
Kunste Onbeperk, die maatskappy wat onder meer die KKNK aanbied, nooi tans aanbieders, vervaardigers en kunstenaars om aansoeke in te dien.
Die KKNK het die volgende uitnodiging vir voorleggings op sy webtuiste gepubliseer: “In 2019 vier ons 25 jaar van kunste in die Klein Karoo en ook 25 jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Dit is ’n mylpaal-jaar en ons kyk terug na ’n kwarteeu se geskiedenis, maar ons kyk ook vorentoe. Vir die KKNK in 2019 is ons veral op soek na innoverende en relevante Suid-Afrikaanse werk van uitstaande gehalte, met voorkeur aan nuwe werk. Die program word saamgestel om kwaliteit aanbiedings in te sluit en beskikbare venues, skedulering, tegniese behoeftes, oor vleueling van produksies en begrotings speel ’n deurslaggewende rol in besluitneming.
Meer inligting om aansoek te doen, gaan na http://kknk.co.za/program-aansoeke/