Karusa: Wyn van die Week

Karusa se The Warm Climate Grenache / Shiraz / Mour vedre Landgoedwyn 2018. E-pos: info@karusa.co.za

Karusa se The Warm Climate Grenache / Shiraz / Mourvedre Landgoedwyn 2018. E-pos: info@karusa.co.za

Karusa se “The Warm Climate” is ’n erge “tong in die kies”-wynversnit.

Die wyn is geskoei op die Franse Rhonestreek-versnitte waarvan die kultivars Grenache Noir (50%), Shiraz (25%) en Mourvedre (25%) die mees prominente is en waarna kortliks as “GSM Blends” verwys word.

Elke kultivar verleen ’n unieke karakter aan die wyn: Grenache Noir verleen vars rooibessie/aarbei- en ligte witpeper/speserygeure, Shiraz gee rugraat en struktuur met ryp swart bessiegeure en Mourvedre verleen ’n biltong-speseryagtige komponent. Saam vorm die drie ’n komplekse maar tog toeganklike vars wyn.

Die wynbedryf word dikwels vasgevang in stereotipes, en met dié wyn probeer ons die teendeel bewys, met die “koelklimaat-druifverbouing, houtveroudering en rooiwynveroudering seker die vernaamstes.

Daarom die naam “Warm Climate” – die druiwe word tog in Oudtshoorn verbou! Die wyn is direk na bereiding gebottel en nie tipies van die meestal 12+ maande se veroudering nie; geen eikehout toevoeging/veroudering word gedoen nie en die wyn is dus ongehout; in teenstelling met die oorgrote meerderheid rooiwyne beskikbaar in SA.

Die wyn vul Karusa se andersins donker, gestruktureerde vol swaar rooiwyne aan deur baie vroeg toeganklik te wees met gekonsentreerde aromatiese rooibessie- en speserygeure en ’n sagte ligte tog lang nasmaak.

Dié wyn is uiters geskik om koud bedien te word, en as dit moet, kan dit ook op ’n warm dag met ’n paar blokkies ys bedien word.

Kom kuier gerus op ’n heerlike winter- Saterdag by ons en geniet ’n glasie saam met ons uiters gewilde pizzas en platters. Ons gastehuiseienaars kan gerus hul besoekers, veral in die week, na ons verwys vir ’n rustige “agteroorskop-geniet” Klein Karoo wynproe- en eetervaring.

• Karusa sal gesluit wees van 2 tot 9 Junie en open weer op 11 Junie.

• Besig heidsure: Ma-Vry: 09:30-16:00
(kombuis sluit 15:30); Sat:10:00-14:30
(kombuis sluit 14:00). Sondae gesluit.