VRYDAG 30 NOVEMBER
Principia Laerskool – volstruispotjiekos-fondsinsameling. R30 elk. Bestellings: 044 272 7067. Beskikbaar vanaf 12:00 tot 14:00. Gratis aflewering vir 10 bestellings of meer.
SATERDAG 1 DESEMBER
Verkoping van pragtige inkopie-, dra- en handsakke by die AP Kerk. 08:00 tot 13:00. Koop ’n Kersgeskenk of vir uself. Kafee sal oop wees. Tel O44 272 0126/ 083 480 0506.
SONDAG 2 DESEMBER
Park Gemeente Kerssangdiens met Michael Lindt. 19:00. Almal baie welkom. Navrae: 083 268 2734.
SATERDAG 8 DESEMBER
Klassieke Klein Karoo Kersfees met Kevin Leo, Corlea Botha, orkes olv Paul Loeb van Zuilenberg, koor olv Marinda Bothma Schutte. 19:15. Celebratio Plaas, 32 km buite Oudtshoorn op sementpad. Hekke open 17:30. Kosstalletjies. Kaartjies by PostNet Oudtshoorn – alle plekke word gereserveer. R130 – R180. Navrae: 082 802 7138.