DONDERDAG 20 September
Die Alzheimer Ondersteuningsgroep – vergadering om 3 nm (15:00) by Millenniumpark, Oudtshoorn. Kom gesels en vertel jul verhaal. Almal welkom. Kontak Christine Nelson by sel 073 366 3216.
DONDERDAG - MAANDAG: 20 – 24 September
Oudtshoorn Skaalmodel-vliegtuie by die Oudtshoorn Lughawe. 08:00 – 18:00 daagliks. Toegang: Volwassenes R25; kinders R10 (2-18 jr). Navrae: Jaco Erasmus: 060 616 0318.
SATERDAG 22 September
ABBA se musiek in die Toekomsrus Gemeenskapsaal, aangebied deur die Nasionale Toneelorganisasie. 19:30. R100 vir volwassenes; R60 vir pensioenarisse en kinders. Kaartjies te koop by die Oudtshoorn Infokantoor (Oudtshoorn Toerisme, oorkant die munisipale gebou in Voortrekkerweg, langs die museum). Navrae: 044 279 2532.
SATURDAY – MONDAY: 22 – 24 September
The second Calitzdorp Vetplantfees hosted by the Calitzdorp Succulent Society to showcase South Africa’s beautiful and rare succulents together with succulents from all over the world. Entrance free. More information at www. vetplant.co.za.
MAANDAG 24 September
The Gathering of Men – manne kom bid vir Oudtshoorn, by die Jesustent (agter De Jager Sportkompleks), 08:30 – 11:00. Kontak Ranger Grebe: 083 941 6601.
DONDERDAG 27 September
Die vyfde Klein Karoo Klanke by La Dolce Vita op Oudtshoorn. Cyan Sky (nuut op die Oudtshoorn-musiekverhoog), Janine Fourie en ’n “spesiale gas” tree op.
DONDERDAG – SONDAG: 27 – 30 September
Jesustent – toegang gratis (agter De Jager Sportkompeks), Donderdag, Vrydag en Saterdag: 19:00; Sondag: 09:30 en 17:30 (Lofprysingsdiens). Kontak past Corrie Greeff by sel 072 247 2126.