TOT 11 AUGUSTUS
Art on Track by die Calitzdorp Stasie. Skilderye, beelde, keramiek, ens. Veiling van werke: Saterdag, 11 Augustus, om 18:30. Navrae: Sandy Chaitowitz (072 314 26020).
8 – 12 AUGUSTUS
Jeugkuns- en Fotoweek 2018. Kom besigtig die kuns en foto’s van leerders van die Klein Karoo. 10:00 – 18:00. Skoolsaal, Hoërskool Oudtshoorn. Navrae: 044 279 1623.
9 – 12 AUGUSTUS
Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn. Vir meer inligting gaan na klassique.co.za
SAterdag 10 Augustus
Klein Karoo Klassics By Boer en Vark (Prince Vintcent-stegie), Oudtshoorn. Nostalgiese Karoo-musiek met Janine Fourie op die trekklavier en die Chilli’Bites. R50.
DONDERDAG 23 Augustus
Alzheimers Ondersteunersgroep vergader in die Bain Laverssaal in Millenniumpark op Oudtshoorn. 15:00 (3 nm), Hettie Theron, die Suid-Kaapse verteenwoordiger van Alzheimer SA, sal die spreker wees. Kontakpersoon: Christine Nelson (073 366 3216).
SUNDAY 10 August
Blacksmith Band with Jenny & The Jameses: A Double Bill of Acoustic Music at the Showroom Theatre in Prince Albert. 20:00 R120. Book at www.theshowroomtickets.com. Blacksmith’s music style has drifted towards pure acoustic, and their repertoire contains bluegrass, country, gospel, English, Irish and Scottish traditional, a capella and Roman rap, modern and ancient pop, hard rock and Boeremusiek.
SATERDAG 1 September
Lentefeesbasaar van die NG Kerk Oudtshoorn-Suid by die Proefplaas. Basaar open 11:00. Kwaliteit-vleis, gebak, potjiekos, groente/vrugte/ plantjies, pannekoek, kindertafel, boeketafel, nagereg, kafee, teetuin, straatbraai en wit olifante. Etekaartjies @ R70 vooraf by Kerkkantoor (044 279 1900 – spyskaart: Gebraaide skaaptjop, hoendersosatie, wors, mosterdboontjies, noedelslaai en broodjie.) • Bring enige langsteelblom of bloeiseltakkie vir ons lenterangskikking.