Vrydag 25 Augustus
Laerskool Wesbank hou kermis. Kerrie en rys (R25), boereworsrolle (R15), Hoenderburgers (R20), chips (R15), braaivleisete (R60). Bestellings by skool. Kontak 044 279 1731.
Saterdag 26 Augustus
• Masala: The Musical in The Showroom Teater, Prins Albert. Kaartjies (R60) by teater of aanlyn by www.showroomtheatre.co.za.
• Langenhoven Gimnasium hou matriekafskeid.
• Danny B se musiekproduksie Boombox in jou plek. 17:00 te Dysselsdorp. R10. Navrae: 061 601 6370.
2 en 3 September
• De Krans Wynkelder se Lentebloeisel-naweek in Calitzdorp. Navrae of besprekings by 044 213 3314 of dekrans@mweb.co.za
Vrydag 1 September
• ACVV Oudtshoorn Eeufees om 18:30 vir 19:00 in die Oudtshoorn Banketsaal. Kaartjies R250 pp, drag elegant. Driegangmaaltyd, optrede deur Steffie le Roux en gaspreker dr Ivan Meyer. Kontak Riana Booysen by 044 727 7760.
• Luigi April tree op by die St Conrad-saal in Dysselsdorp om 18:00. R15. Kontak Danny B by 061 601 6370 vir deelname.
• Danny B se musiekproduksie Die Nuuskierige Ek by die Nicolaniasaal in Bridgton, Oudtshoorn. 19:00. R30. Navrae: 061 601 6370.
Saterdag 2 September
• NG Moedergemeente bied aan: Pretstap/draf vir Bybels in die Tsumkwe-wildkamp (tweede ingang by stoor aan linkerkant, 16 km op De Rust-pad). 21 km draf 07:30, 10 km stap/draf 08:15 en 5 km stap/draf 08:30. Volwassenes R50; kinders R20. Inskryfvorms beskikbaar by kerkkantoor en Roosters Den van 07:00 tot 08:15. Koffie/tee, koeldrank, roosterkoeke, pannekoek en poeding te koop. Gelukkige trekkings om 10:30. Navrae Jodi 082 375 6770, Riaana 084 583 9146 of kerkkantoor 044 272 3130.
• Lentefeesbasaar van die NG Kerk Oudtshoorn-Suid op die Proefplaas om 11:00. Kwaliteit vleis, gebak, potjiekos, groente/vrugte, plantjies, pannekoek, kindertafel, nagereg, kafee, teetuin, straatbraai, wit olifante. Etekaartjies (R70) vooraf by kerkkantoor. Kontak Marianna: 044 279 1900.
• Lentetee by NG Kerk-terrein te Calitzdorp om 10:00. R45 pp. Bespreek by 044 213 3311. RSVP 25 Augustus.
• James Bhengee (operasanger en wenner van 2010 SA Got Talent) in die Ouditorium by die Oudtshoorn Munisipaliteit as deel van Oudtshoorn UCC-kerk se “Evening of Culture” om 18:00. OOk die pianis John Theodore en Kambro Diggers, baldansers, fluit, kitaar en viool. Kaartjies (R100) met vingerete om 17:00. Kontak Henry Booysen by 083 423 8698 of James Cupido by 079 606 6185.
• Musiek vir Diere-konsert om 15:00 in die NG Moederkerk, Oudtshoorn. Kaartjies (R50) sluit in viool-, orrel-, klavier-, saksofoon- en sangitems. Te koop by Bottega (oorkant die Spur).