Deur Garnett Wicomb
’N VROU van De Rust wat aan huisbraak en diefstal skuldig bevind is, is in die Oudtshoorn Streekhof drie jaar tronkstraf opgelê.
Gersha Linnert van Blomnek is daaraan skuldig bevind dat sy op 17 Januarie vanjaar by die woning van James Opperman ingebreek het, en ’n stoof ter waarde van R240, ’n ketel ter waarde van R80 asook ’n selfoon ter waarde van R800 uit die woning gesteel het.
Linnert het onskuldig gepleit, maar haar weergawe is deur die hof verwerp.
Streeklanddros LA Wilkens het haar ingevolge Artikel 276 (1) (i) gevonnis wat beteken dat sy na die uitdiening van ’n sesde van die vonnis om parool aansoek kan doen.
Sy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.