Bo: Tamzyn Boonzaaier (prinsipaal), Elzyne April, Charmell Erasmus en Elzane Booysen van Crayons Dagsorg. Onder gesels Boonzaaier met die kinders. Foto’s verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
CRAYONS DAGSORG op Oudtshoorn het op 1 September Sonskyn Dagsorg in Bongelethu besoek en geskenkpakkies daar uitgedeel ter viering van Loslitdag. Dit maak deel uit van ’n jaarlikse inisiatief van Crayons, en is een van hul vele gemeenskapsprojekte.
Die kleuterskool het geskenkpakkies met lekkergoed, koek en speelgoed aan die kinders van Sonskyn uitgedeel.
Tamzyn Boonzaaier, prinsipaal, vertel dat sy met die idee vorendag gekom het om speelgoed en verversings in te samel.
“Ons wil mense spesiaal laat voel. Die kinders het ook gedans en gesing en later het twee maatjies van Sonskyn Dagsorg saam met ons kinders gedans! Hulle het duidelik die besoek geniet en deel van ons groep gevoel.”