Vroue van Oudtshoorn B’noth Zion bederf bejaardes

Die vroue van die Oudtshoorn B’noth Zion is van links Lauren Marcus, Theresa Marcus (senior), Clive Veldsman (raadsvoorsitter Coronation Memorial Ouetehuis), Deborah Herman, Rachel Delport, Dalia Wilck, Amy en Theresa Marcus (junior).      Foto: Ilze-Mari Gründling

Die vroue van die Oudtshoorn B’noth Zion is van links Lauren Marcus, Theresa Marcus (senior), Clive Veldsman (raadsvoorsitter Coronation Memorial Ouetehuis), Deborah Herman, Rachel Delport, Dalia Wilck, Amy en Theresa Marcus (junior). Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
’N GROEP vroue van die Joodse Oudtshoorn B’noth Zion het Coronation Memorial Ouetehuis in Bridgton Maandag besoek en “omgee-sakkies” gevul met toiletware en lekkernye aan inwoners gegee.
Drie inwoners van Coronation Memorial, Annie Murphy, Margie Boezak en Anna Campher, het by die gelentheid lofliedere gesing van hul nuutse album, The Gloom and the Hidden Sea, wat in samewerking met Jo Ellis, Charles East en Ivan Lupi vervaardig word. Die album word binnekort bekend gestel.

Die gehoor is ook vermaak deur ’n graad 3-leerder van die Principia Onafhanklike Skool, Levi Wilck, wat sy eie komposisie op ’n klawerbord gespeel het, terwyl drie vroue van Wilck Spar, Theresa Lemmetuis, Annelize Kamfer en Nono Ndoda, ’n paar liedjies gesing het.

Clive Veldsman, voorsitter van Coronation Memorial, sê dat die ouetehuis hierdie gebaar opreg waardeer.

“Dit is ’n geskenk van welwillendheid. Ons moet dankbaar wees vir mense soos hulle. Ons waardeer dit regtig.

“Ons is tans in ’n moeilike situasie – ons moet die ouetehuis weer opbou. Dit is hartseer om te sien in watter omstandighede sommige mense moet leef – ons moet kyk na daar waar die behoefte is.
“Hierdie gebaar val op ’n sagte plek en ons aanvaar dit met ’n oop hart.”