Deur Angelique Erasmus
VIER geliefde troeteldiere, drie honde en een kat, het binne die bestek van twee weke gevrek nadat hulle vermoedelik vergiftig is.
Volgens Ester Botha van Die Eiland in Volmoed vermoed hulle dat die diere – ’n Great Dane, ’n kruising tussen ’n Doberman en
Jack Russel, ’n huiskat en ’n miniatuur-windhond -met Temik, ook bekend as Twostep, vergiftig is.
Die gebruik daarvan is onwettig.
“Ek weet nie meer wat om te doen nie; ons harte is stukkend. Ons diere is soos kinders vir ons, en ek kan dit nie verstaan nie,” sê sy. Volgens haar word hul diere in die aand toegesluit en is hulle bedags in ’n toe erf.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, ondersoek die polisie ’n saak van opsetlike saakbeskadiging.