Stap saam, bid saam

Foto: Unsplash

MCSA Bridgton nooi gemeentes, skole, gemeenskapsleiers en inwoners uit om op Sondag 27 September 2026 saam te stap en te bid tydens ’n “Prayer Walk” deur Bridgton.

Die stap begin om 08:00 by VGK Môreson in Petunialaan en sal na verwagting sowat twee uur duur.

Die roete sluit in by In die Duik, die Zebraweg-sirkel, die winkels in Zebraweg en 21ste Laan. Van daar beweeg deelnemers verder met Zebraweg tot by die vierpuntstop by Duiflaan, waarna hulle regs draai in Waterboklaan. Die gebedswandeling eindig by MCSA Bridgton.

Volgens die kerkraad is die geleentheid ’n geloofsgetuienis en gemeenskapsaksie waardeur daar saam gebid sal word vir vrede, beskerming en eenheid in Bridgton en Oudtshoorn.

Gemeentes, skole en ander gemeenskapsgroepe word aangemoedig om deel te neem en die geleentheid te ondersteun.

“Mag hierdie dag ’n sterk getuienis wees van ons geloof en ’n verklaring van vrede oor Bridgton en Oudtshoorn,” lui die uitnodiging van die MCSA Bridgton Kerkraad.

Be the first to comment on "Stap saam, bid saam"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*