Sardiyah Moerat van George, Relay for Life se Global Hero of Hope. (Foto verskaf.)
Deur Angelique Erasmus
MET minder as twee weke oor voordat die jaarlikse Relay for Life op 9 en 10 Maart op Oudts-hoorn plaasvind, is die grootste uitdaging volgens die voorsitter, Japie Coetzee, en die komitee om soveel moontlike spanne verteenwoordigend van sportklubs, kerke, hoërskole, besighede en staatsdepartemente te laat inskryf.
Die spesiale temarondtes waaraan lede van spanne tydens die Relay kan deelneem, is onder meer Klaasvakie, The wedding, Krap die ou “ball gown” uit, Under the sea, Oudtshoorn se sirkusnarre of Funky Chickens.
Die Luminaria-sakkies waarop boodskappies en foto’s van geliefdes en vriende aangebring word, sal aan die kapteine van die spanne gegee word en kan ook teen R10 elk by Kansa se kantoor gekoop word.
Die Luminaria-seremonie waartydne sdie sakkies met brandende kerse binne-in om die stadion uitgepak is, is gewoonlk baie emosioneel en roep mooi herinneringe op. Dit is ook altyd ’n hoogtepunt van die aand.
Daar sal vanjaar meer as 100 oorwinnaars as eregaste vir die aand die geleentheid bywoon en onthaal word sodat hul baie spesiaal sal voel.
Enige bydraes in hierdie opsig is welkom. Kontak Shefi Wicomb by 079 227 0601, Brenda Claassen by 082 578 4505 of Japie Coetzee by 0725987273.
Elke jaar kry ’n oorwinnaar die geleentheid om sy of haar kankerverhaal te vertel en vanjaar is die spreker Sardiyah Moerat van George. Sy is Relay for Life se Global Hero of Hope.