Noodhulpkursus by Millenniumpark aangebied

Die hoof van verpleging by Millenniumpark Aftreeoord op Oudtshoorn, Jakob Festus, aan die woord tydens ’n funksie waar 42 perso-neellede noodhulpsertifikate ontvang het nadat hulle almal die vlak een- en twee-kursus voltooi het. Ses lede het ook Alzheimer-opleiding voltooi. “Ons bied aan al ons personeel ruimte om te ontwikkel en beoog om Alzheimer-opleiding aan almal te verskaf,” het Frik Geyser, voorsitter van die trustee-raad, gesê. Gaste is vermaak deur Millen niumpark se eie koor terwyl die talentvolle Ambé (13) en Joshua Festus (16) saam met die bekende pianis Sulayman Hu man op-getree het. Foto:Angelique Erasmus

Be the first to comment on "Noodhulpkursus by Millenniumpark aangebied"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*