Kinders maak skoon en inspireer op Jeugdag

3 Jeugdag skoonmaak1
Die mooi foto is verlede Vrydag op Jeugdag geneem toe kinders van Rose Court in Bridgton, Oudtshoorn ingespring en hul straat met besems, grawe, kruiwaens, harke en swartsakke skoongemaak het onder toesig van bestuurslede van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF). Inwoners van die omgewing het Die Hoorn gebel om ons te vertel hoe tevrede hulle met dié jongklomp is. Wat ‘n inspirasie! Foto: Garnett Wicomb