Margaret en Freddie Jordaan verlede Donderdagaand (17 Augustus) by ’n verrassingsafskeid by Headlines op Oudtshoorn. Die Jordaans het Sondag na meer as ’n halfeeu op Oudtshoorn na Johannesburg verhuis, waar hulle nou by hul een seun, Pierre, woon. Pierre, wat grootgeword het op Oudtshoorn, is die inisieerder van die Facebook-groep Oudtshoorniete staan saam. Freddie, wat op sy dag ’n geesdriftige stapper was, het meer as 60 jaar op Oudtshoorn gewoon en Margaret, veral bekend as ’n grootdiereliefhebber, meer as 50 jaar. Hulle het vroeër vanjaar hul 50ste huweliksherdenking gevier. Foto: Liesel le Roux