Jeugdiges van Ladismith toegespreek

Dié jeugdiges is op 26 Junie, Internasionale Dwelmdag, deur kol Jacobus Marthinus, bevelvoerder van die Ladismith Po­lisie, toegespreek en aangemoedig om ’n goeie voorbeeld te stel. Volgens hom is dwelms ’n groot probleem in die ge­meenskap en saam met drank dikwels betrokke by geweldsmisdaad. Die voorsitter van die Ladismith Gemeenskap Po­lisieforum (GPF), Dawid Bothman, het hulle aangemoedig om nie “deel te word van misdaadstatistiek” nie.