Inwoners van die ACVV Tuishuis op Oudtshoorn is onlangs bederf met vrugte wat deur plaaslike besighede en boere aan die tehuis geskenk is. Hier van links is James O’Kennedy, Susan O’Kennedy, Anna Kotzé en Susie Hall tydens dié vrugtefees van waatlemoene, spanspek, pruime, druiwe en piesangs. Ansie Botes, bestuurder van Tuishuis, sê inwoners sien altyd uit na hierdie jaarlikse instelling. Sy het die boere en besighede bedank. Foto: Angelique Erasmus