Carol Moses oorlede

Carol Moses

Carol Moses, wat Sondag ná ’n kort siekbed in ’n Kaapse hospitaal oorlede is, was een van Oudtshoorn se grootste vroue-aktiviste, sê Dennis Cruywagen, provinsiale woordvoerder van die Wes-Kaapse ANC.

Moses, wat op Oudtshoorn grootgeword het, was die waarnemende direkteur in die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye.

Haar vriend en kollega, Desmond Stevens, sê Moses was 14 jaar toe sy ’n groot optog op Oudts­hoorn gelei het.

“Sy was een van ons toegewyde kamerade en erg gekant teen korrupsie.”

Faiez Jacobs, Wes-Kaapse sekretaris van die ANC, het Moses bestempel “as een van ons beste en mees toegewyde aktiviste.

“Sy was ’n mens met integriteit. Ons gaan haar mis,” het hy gesê.

Moses word oorleef deur haar man, Clive Stuurman, en ’n kind, Che.