Brand woed 5 dae lank in Meiringspoort

So het dit die afgelope week in Meiringspoort net noord van De Rust gelyk met ’n brand wat ses dae lank in die Swartberge gewoed het.  Links is ’n brandweerman by ’n brand op die plaas van Oubaas Schoeman.  Die foto regs bo is sowat 5 km buite De Rust geneem. Foto’s: Ted Nutting

So het dit die afgelope week in Meiringspoort net noord van De Rust gelyk met ’n brand wat ses dae lank in die Swartberge gewoed het. Onder is ’n brandweerman by ’n brand op die plaas van Oubaas Schoeman.
Die foto bo is sowat 5 km buite De Rust geneem. Foto’s: Ted Nutting

5 Meiringspoort brand (4)

Deur Ilze-Mari Gründling
’N BRAND wat vir vyf dae aaneen in die Swartberg van Meiringspoort gewoed het, is sedert Dinsdag se reën onder beheer.

Volgens Herman Pieters, senior woordvoerder van die Eden Distriksmunisipaliteit (DM), was daar teen 09:30 gisteroggend nog twee brande – een by die Kammanassieberge naby Uniondale en die een by Meiringspoort. Die brand word deur CapeNature en Working on Fire (WoF) gemoniteer. Volgens Pieters is die brand op Cape Nature se grond en Eden DM is versoek om op bystand te bly indien die brand sou versprei of dreig om buite CapeNature se grond te versprei.

“Op die oomblik is geen infrastruktuur in gevaar nie, maar Oudtshoorn en George se brandweerdepartemente is bewus van die risiko’s indien die brand sou versprei. Die reënweer het egter die verspreiding van die brand vertraag,” sê Pieters.

Jan Venter, eienaar van House Martin en Ge­ste­wel en Gespoor op De Rust, sê die brand het sowat 6 km buite De Rust by die tweede rusplek in Mei­ringspoort gewoed en dat die rook en roet vanuit De Rust te sien was.

Volgens Ted en Louise Nutting, wat op ’n plaas in die berge woon, was die brand teen gister 11:00 i9n hul omgewing geblus.