Besige Bytjies ’n baken van hoop

Leerders van Besige Bytjies buite Ladismith op die speelterrein. Foto: Deon Meyer

Deur Deon Meyer
WANNEER ’n mens op die pragtige grondpad buite Ladismith op die Buffelskloofpad regs draai, sien jy die speeltoerusting wat eie aan ’n kleuterskool. Jy hou stil en sien hoe van die kinders buite speel op ’n netjiese speelterrein wat met die hulp van Korrektiewe Dienste moontlik gemaak is.

Boonop is die karige skoolgeboutjie binne geensins minderwaardig aan die van ’n dorpskool nie.
Volgens die onderwysers het is die skooltjie gebore uit ’n behoefte wat in 2006 geïdentifiseer is.

Plaaswerkers het gesukkel met hul peuters by die huis terwyl hulle moes werk en hul werkgewer, Theuns Steyn, hieroor genader.

Steyn het dadelik die geboutjie beskikbaar gestel. Die welsynsorganisasie Badisa het aanvanklik betrokke geraak en Maureen Feni is as eerste opvoeder aangestel.

Daarna het twee plaaslike sakemanne, Leon Parson en Breyton Johannes, ingespring en die skooltjie in sy begindae ondersteun.

Tans het die skooltjie 28 leerders. Vervoerprobleme is egter ’n uitdaging wat ’n negatiewe invloed het op die bywoningsyfer.

Die onderwysers woon gereeld kursusse by en is vasberade om ten spyte van finansiële uitdagings voort te gaan om net die beste vir die kinder te gee.

Die kinders word ook ondersteun deur dr Lindie Bosman, ’n kliniese en neurologiese beampte. Volgens haar talle kinders in die skool Fetale Alkoholsindroom (FAS).