Jennifer Blaquere (89) van Oudtshoorn wat 60 mussies vir die Coronation Memorial Ouetehuis gebrei het, brei tans elke dag so ’n mussie om geskenk te word – wat ’n voorbeeld vir almal!
Foto: Angelique Erasmus
Deur Angelique Erasmus
OP die goue ouderdom van 89 jaar staan Jennifer Blaquere van Oudtshoorn se hande vir niks verkeerd nie.
Blaquere het 60 mussies gebrei wat in Julie aan inwoners van Coronation Memorial op Oudtshoorn oorhandig is.
Sy brei dwarsdeur die jaar saam met ander vroue mussies, serpe, babatruie en speelgoed vir organisasies wat hulp benodig.
Ida Lipschitz, wat jare lank al betrokke is by hierdie spesiale projek, het almal bedank wat deur die jare wol geborg het vir die projek. Kontak haar by tel 044 272 6611 vir wolskenkings.