Foto van die Week: 1 Mei 2026

Bo: Sneeu het dié week vroeg sy verskyning op die Swartberge gemaak – ’n ongewone gesig vir April, wat nog deel van die herfsmaande is. Inwoners en besoekers het vanaf Maandag gebibber in die koue, terwyl ’n vroeë koue front verskeie bergpieke wit getooi het. Sneeu in die Klein Karoo kom tipies eers vanaf Junie voor. Foto: Angelique Erasmus