Zoar vier 200ste verjaardag!

Christel Johannes (voor regs), voorsitter van die Zoar Kultuur- en Erfenisfees se reëlingskomitee, Saterdag tydens die fees saam met ander komiteelede en ander betrokkenes. Die foto is op die Zoar Sportterrein geneem waar Saterdag se feesoptog deur Zoar geëindig het. Links voor is Regard Herandien wat met sy fraai versierde donkiekar deel van die optog was. Philip Antonie (agter met die pet en groen T-hemp), onder-burgemeester van die Kannaland munisipaliteit, was ook by die feesreëlings betrokke. Hy sê hoewel die huidige moeilike ekono-mie ’n uitwerking gehad het op die getal mense wat die fees bygewoon het, het alles goed afgeloop. “Die fees is Sondagoggend op waardige wyse afgesluit met ’n gesamentlike kerkdiens in die VGK-kerk,” het hy bygevoeg.			        Foto’s: Schalk le Roux

’n Trompoppiegroep van Zoar wat Saterdagoggend tydens die dorp se 200ste verjaardagvieringe op die Zoar-sportterrein opgetree het.