Oudtshoorn-fees weer groot sukses

 

7 Garnett Erfenisfeesoptog

7 Garnett Erfenisfees Andy Fortuin lewer sy item

Heel bo is die optog gelei deur die Evangelies Lutherse Jeugbrigade, en middel bo is Andy Fortuin besig om ’n item te lewer. Foto’s: Garnett Wicomb Bo met die toekennings is Phillip Se­roux met die toeken- nings wat die OCJF ontvang het as die beste rekrerasieprogram in die Wes-Kaap. Foto: Wyndham Ewerts

Heel bo is die optog gelei deur die Evangelies Lutherse Jeugbrigade, en middel bo is Andy Fortuin besig om ’n item te lewer.
Foto’s:Garnett Wicomb
Bo met die toekennings is Phillip Se­roux met die toeken- nings wat die OCJF ontvang het as die beste rekrerasieprogram in die Wes-Kaap. Foto: Wyndham Ewerts

Die Bridgton Drilpeloton, die wenners van die drilwisseltrofee. Die kinders tussen 10 en 16 jaar staan onder leiding van kapt Johanna Nortje van die Bridgton Polisiekantoor. Foto: Wyndham Ewerts

Die Bridgton Drilpeloton, die wenners van die drilwisseltrofee. Die kinders tussen 10 en 16 jaar staan onder leiding van kapt Johanna Nortje van die Bridgton Polisiekantoor. Foto: Wyndham Ewerts

Die dominokompetisie was ’n ernstige storie. Foto: Garnett Wicomb

Die dominokompetisie was ’n ernstige storie. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE 7de Erfenis Sport- en Kultuurfees van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) wat die afgelope naweek op die Bridgton Sportgronde plaasgevind het, was soos die voriges weer baie suksesvol, sê die uitvoerende hoof van die forum, Johnny Baartman.

In ’n memorandum aan die Oudtshoorn Munisipaliteit sê die forum dat Oudtshoorn gebuk gaan onder sosiale euwels soos toenemende misdaad, dwelmmisbruik, tienerswangerskappe, vroeë skoolverlating, die straatkinderprobleem, straatbedelaars en die afbreek van familiestrukture as gevolg van grotendeels ’n groeiende werk­loos­heid­syfer en ’n tekort aan entrepreneursgeleent­hede en ontwikkelingsinisiatiewe.

Die forum versoek die raad om strenger op te tree teen diegene wat van hul wonings smokkelhuise maak en bendelede wat huise vir die doel aankoop.

“Ons vra die munisipaliteit om ernstig daaraan aandag te gee om beleggers te lok sodat meer werksgeleenthede geskep kan word om armoede en werkloosheid aan te spreek,” sê Baartman.

Die projekkoördineerder van die forum, Phillip Seroux, het sy dank teenoor al die borge, rolspelers en die gemeenskap uitgespreek vir die wonderlike ondersteuning.

“Die fees is besig om te groei,” het hy gesê.

Dit het Sondagmiddag met ’n groot Gospel Extravaganza afgeskop wat baie goed deur die ge­meenskap ondersteun is. Maandag se program het begin met ’n optog teen dwelms en alkoholmisbruik gelei deur die Evangelies Lutherse Jeugbrigade en motorfietsryers van die Olympians Motorfietsklub.

• Die forum se volgende aktiwiteit is die jaarlikse toekenningsfunksie op 28 November in die Bridgton Gemeenskapsaal waartydens die Wes-Kaapse minister van Sport- en Kultuursake, Anroux Marais, as gasspreker sal optree. Kaartjies teen R2 000 per tafel en R150 per persoon is reeds te koop.

Die Oudtshoorn Christelike Jeugvereniging is vroeër die maand aangewys as die Wes-Kaapse organisasie met die beste rekreasieprogramme en sal die provinsie op 12 November in Johannesburg by die nasionale kompetisie verteenwoordig.

Seroux kan vir meer besonderhede by 079 987 9486 gekontak word.