Dr Natie de Swardt (links), voorsitter Suid-Kaap Stigting Simon van der Stel, by ontvangers van toekennings van die stigting op Sondag 3 November by sy jaareindfunksie op Eight Bells. Van links is Annette Schoeman, bobaas-verteller en kenner van die geskiedenis van families van Schoemanshoek en omgewing, Johann Venter namens die NG Moedergemeente George vir die restourasie en bewaring van die ou pastorie te Aspelingstraat, George, Hilda Boshoff vir navorsing en bevordering van erfenis-opvoeding/bewusmaking by duisende leerders van dwarsoor die land tydens haar jarelange diens by C P Nel Museum op Oudtshoorn en Alta le Roux vir haar uitmuntende genealogiese navorsing en die boekstawing van talle Klein Karoo-families. Die toekennings word jaarliks aan verdienstelike persone oorhandig vir die bewaring van ons tasbare sowel as ontasbare erfenis. Foto verskaf