Waarnemende finansiële hoof

Louis Fourie.  Foto verskaf

DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het Dinsdag Louis Fourie, ’n ervare munisipale ampte­- naar, aangestel as waarnemende finansiële hoof in die plek van Felix Lötter wat onlangs bedank het.

Fourie het reeds gister met sy pligte begin en is by ’n spesiale raadsvergadering deur die burgemeester, Colan Sylvester en ook deur raadslid Jongilizwe Tyatya van die ANC verwelkom.

Fourie het in September 2019 afgetree na ’n loopbaan van 41 jaar by munisipaliteite in onder meer Tzaneen, George, Knysna en Mosselbaai, in die meeste gevalle as finansiële hoof.

Die vakante pos vir ’n permanente fiansiële hoof is reeds twee weke gelede deur die munisipaliteit in die pers geadverteer.