’n Vooraansig van die woonhuis van die bekende Jan Lotz van Oudtshoorn nadat dit pas gerestoureer is. Foto’s bo: Liesel le Roux

Die huis soos dit voor restourasie gelyk het. Foto verskaf

Die huis binne na die restourasie, met die Hugo van der Berg se hond Monty wat lekker lê en rus op die pragtige geelhoutvloer.

Jan Lotz (regs) in 1985 tydens ’n sportdinee saam met dr Danie Craven (middel) en Saag Jonker. Jonker is as jongeling deur Lotz afgerig en het provinsiaal gespeel asook aan die Springbokproewe deelgeneem vir ’n toetsreeks teen die Franse. Lotz het altyd geglo dat Jonker toe Springbokkleure moes kry. Foto verskaf
’N WOONHUIS uit die 1800’s wat in die sogenaamde Goue Myl van Baron van Reedestraat op Oudtshoorn geleë is, het pas ’n nuwe baadjie gekry.
Dié woonhuis, wat jare lank aan die rugbylegende Jan Lotz behoort het, is met sorg deur die nuwe eienaars, Hugo en Danie van der Berg met die hulp van Johan Smit as argitek en Makka Swart as bouer gerestoureer.