’N MANLIKE rekruut by die SAPS Akademie in Oudtshoorn het na bewering ’n vrouerekruut aangerand. Die voorval het na bewering Dinsdag, 5 November, om 22:00 agter die gimnasium plaasgevind. Die vrou is na bewering deur die man aangerand, geskop en geslaan.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, ondersoek die polisie ’n klag van ernstige aanranding.
“Die verdagte het reeds Vrydag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn, en die saak is uitgestel tot Desember 2019,” het Michaels gesê.
’n Navraag is deur Die Hoorn aan die hoof van SAPS Akademie gestuur, maar teen druktyd is geen amptelike terugvoer ontvang nie.
(Deur Angelique Erasmus)