’N BEDRAG van R5 500 is deur ’n groep dierevriende van Oudtshoorn ingesamel met die Tuine vir Diere-dag wat hulle op 21 Oktober aangebied het. Sewe inwoners van Oudtshoorn het op dié dag hul tuine vir inwoners oopgestel.
Die R5 500 sal inbetaal word in veeartsrekeninge en verdeel word tussen drie dierewelsynorganisasies vir medisyne en sterilisasies, terwyl ’n skenking van kos ook gemaak word.
Die dierevriende het vanjaar reeds verskeie inisiatiewe geloods en skenkings gemaak vir die welsyn van die Groter Oudtshoorn se diere.
Die Spayathon waarvoor die opbrengs van ’n Musiek vir Diere-vertoning geskenk is, vind vanaf 31 Januarie tot 2 Februarie 2018 plaas.