Skenking aan Odin en ander welsynsorganisasies

Brian Minnie (middel) van Sky Lounge & Bar en vrywilligers van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin), een van verskeie welsynorganisasies wat op rotasiebasis 30% van die toegangsfooi by die deure van dié nuwe besigheid op Oudtshoorn, sal ontvang. Odin beoog om die bydrae aan te wend vir veeartskoste en sterilisasies van diere. By Minnie (middel) is van links Magda Davel, Anemie Church, Colleen Smith, Lizelle Mouton en Linda Nel van Odin en Jacques van Zyl, bestuurder van die klub.