Langenhoven Gimnasium se o.19-krieket-span het drie goeie oorwinnings in die Septembervakansie op eie bodem behaal. Die span het die Hoërskool Nico Ma-lan met 6 paaltjies geklop, die Hoërskool Brackenfell met 8 paaltjies en die Hoër-skool Swartland met 217 lopies. Die span is agter van links Lleyton Avontuur, Theo Ferreira (kriekethoof), Francois-Andre Beets, Johann Muller (kapt), Jhedli van Briesies, Andreas Schultz (afrigter), Shaldon Carelse en Rowan Rondganger. Voor is Jaden Dyssel, Jaen Bruiners, Eaj Carew, Curwin le Roux en Julian Jacobs.