Kry jou kaartjie vir Musiek vir Diere!

MAAK seker jy kry jou kaartjie vir Saterdagmiddag se heerlike musiekkonsert op Oudts­hoorn waarmee geld ingesamel gaan word vir dierewelsyn in die Groter Oudtshoorn.

Musiek vir Diere is die inisiatief van ’n groep diereliefhebbers van die dorp wat verlede jaar die eerste keer so ’n konsert aangebied het.

Meer as R8000 is toe vir die sterilisasie van diere ingesamel. Hulle hoop om met die hulp van inwoners vanjaar weer so te maak.

Die program vir die konsert is saamgestel deur die musiekkenner Danie Bester en sluit optredes in deur Elmine Bester, Jaco Kriek, Jan Loubser, Jana Bester, Lise du Toit en Erina Terblanche, Mischa Taylor, Dwaine Jansen, Daniël Bester, Sebastiaan Nieuwoudt en Lleythan Smith.

Kaartjies vir Musiek vir Diere kos slegs R50 en sluit ’n verwelkomingsdrankie van Gründheim se muskadel voor die vertoning in.

Die konsert begin om 14:30 vir 15:00 in die NG Moederkerk.

Kaartjies is te koop by Bottega (oorkant Spur in Baron van Reedestraat) en by die deure.