Deur Angelique Erasmus
SKADE van sowat R2 500 is die naweek tydens ’n inbraak aan die Weyers Memorial Kerk in Coralweg, Coldrige in Oudtshoorn aangerig.
Volgens kapt Louis Visser van die Oudtshoorn Polisie is slegs ’n Safeway-ketel tydens die inbraak gesteel. Die inbraak het tussen Sondagnag en Maandagoggend om 07:00 plaasgevind. Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak.
Inwoners van Bridgton in Oudtshoorn kla reeds geruime tyd oor inbrake en skade by kerke, veral oor naweke.