Dieredag lok groot en klein

Die vierde Oudtshoorn Dieredag wat Saterdag by die staatsveears in Van der Rietstraat aangebied is, het Oudtshoorniete van alle groottes, ouderdomme en spesie bymekaar gebring! Hier is die kleinste en grootste brakke van die dag saam afgeneem. Van links is Christiaan Smuts, Amelie Smuts en haar baba-hondjie Rachel Green, Vanessa Engelbrecht van Animal Care Team (ACT) en El-Mari van der Merwe en Charles van Caring Friends Therapy Dogs. Foto: Stefan Skapie Goosen