Berge kos, komberse en geskenke vir diere

Pwas Run
Vrywilligers en motorfietsryers gister (4 Junie 2017) by die Oudtshoorn Diereskut met skenkings van komberse, dierekos en selfs speelgoed vir die diere. Meer as 200 motorfietsryers van oral uit die Suid-Kaap  het gister komberse, kos en selfs speelgoed aan die Oudtshoorn Diereskut geskenk as deel van ‘n jaarlikse uitreik. Dié uitreik was die inisiatief van die Bikers vir Liefdadigheid Facebook-groep en die Free Bikers Allegiance-klub met die ondersteuning van lede van ander groepe soos die Renegades, Hell’s Angels, die BMW-klub en die Guns & Roses-klub. ‘n Groot bedrag is ook ingesamel deur die verkoop van kaartjies teen R50 per kaartjie. Dié geld sal gaan vir veeartsrekeninge. Foto: Ilze-Mari Gründling