Levi die gelukkige wenner

Levi Wilck (8, links) van Oudtshoorn is die gelukkige wenner van ’n pragtige skildery van Glendine, bekende kunstenaar van De Rust. Glendine het die skildery aan ’n groep dierevriende van Oudtshoorn wat geld insamel vir dierewelsyn geskenk. Inwoners kon vir ’n bydrae van R20 hul name op vorms plaas waarna ’n gelukkige trekking gehou is. Die opbrengs van dié fondsinsameling gaan vir die kathotel van Lee-Ann van Sittert. Hier by Levi is van links sy ma, Dalia, en Makayla Bacon van die Animal Care Team (ACT) op Oudtshoorn.  Foto: Liesel le Roux