Delia van Biljon (regs) saam met (van links) Anlize Vermeulen, Jada Coetzee en Karie Griffion van die Freda Barnard Swemskool wat verskeie toekenings ontvang het by die galaprysuitdeling van Eden/SWD-swem. Anlize het die toekenning as die beste vlak 3-swemmer sowel as die beste tyd in die 200 vryslag ontvang en haal die SWD- span. Jada het die toekenning ontvang vir die beste tyd vir meisies o.10 in die 50,100 en 200 meter vryslag, beste tyd in 50, 100, 200 met borsslag en die uitvoerende trofee vir die meeste punte behaal vir juniors in die seisoen. Jada haal ook die SWD- en die Wes-Kaapse skolespan. Kari het die toekenning ontvang vir die beste tyd in 50 en 100 met borsslag vir meisies o.8. Van Biljon is die meisies se afrigter. Foto verskaf