Inkleur kompetisie wenners

DIE HOORN het die mooiste inkleurprentjies van ons jong lesers ontvang vir die Cango Wildlife Ranch kompetisie wat Dinsdag gesluit het.

Ons gaan die top vyf prentjies kies en later vandag op Die Hoorn se Facebookblad plaas.
Daar sal ons getroue lesers kan stem vir die wenprentjie.

Die wenner sal in die volgende uitgawe van Die Hoorn op 16 Februarie 2023 aangekondig word.

Baie dankie vir elke pragtige prentjie en maatjie wat deelgeneem het.

Julle is almal tops!