Besigheidskamer Gholfdag

Foto’s: Die Hoorn

– Aangebied deur Timbercity en Besigheidskamer –

Die Oudtshoorn Besigheidskamer se maandelikse gholfdag is Woensdag, 7 Junie, deur Timbercity geborg en soos oudergewoonte by die Oudtshoorn Gholfbaan in St Saviour-straat aangebied.

52 Spelers het die dag bygewoon, en ’n dag van sonskyn en kompeterende gholf geniet.

Die wenners van die dag – in die foto bo saam met verteenwoordigers van die borg, gholfklub en die Besigheidskamer – was van links Jurie Neethling (klubkaptein), André van Greunen (Timbercity), Ronél Westraadt, Stephan Terblanche en Lourens Swanepoel (Besigheidskamer bestuurslid).

Van links is Jurie Neethling (klubkaptein), André van Greunen (Timbercity), tweedeplekwenner Pieter du Plessis en Lourens Swanepoel (Besigheidskamerbestuurslid). Du Plessis se spanmaat, Charl du Plessis was afwesig met die neem van die foto.

André van Greunen (regs) van die borg, Timbercity saam met Skillie Pretorius.