Nathan Baartman, vleuel van die All Blacks se A-span, hardloop Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) met die bal tydens sy span se SWD Presidentsligawedstryd teen die A-span van Willowmore. All Blacks het die wedstryd met 22-10 gewen nadat hulle halftyd reeds met 19-3 voor was. All Blacks lê nou ná tien wedstryde bo aan die punteleer van die Presidentsliga se Karoostreek met 44 ligapunte. All Blacks het nege van die tien wedstryde wat hulle al gespeel het, gewen. Spring Roses, wat al elf wedstryde gespeel is, lê tweede op die punteleer met 42 ligapunte. Willowmore lê vyfde op die punteleer met 24 ligapunte ná elf wedstryde. Foto: Ebenezer Titus