Aksie Vrydagmiddag uit die rugbywedstryde tussen die o.19A- en o.19B-spanne van Bridgton Senior Sekondêr en die Hoërskool Punt op Outeniquapark op George. Dit was voorwedstryde van die SWD Arende/Luiperds-kragmeting. BSS A en B het Punt met onderskeidelik 31-19 en 39-19 geklop. Bo druk Wilton Hoogbaard, heelagter van BSS se o.19B-span, ’n drie. Regs breek Zano Lee Jonkers, binnesenter van BSS se o.19A-span, met die bal. Zano Lee was die enigste speler van Oudtshoorn wat vanjaar lid van die SWD Cravenweekspan was. Walt Böhme, ’n afrigter van BSS, het ná Vrydag se wedstryd op Facebook gesê: “Trots op hierdie groep jong manne. Wat ’n voorreg om deel te wees hiervan.” Foto’s: Ebenezer Titus


Deur Garnett Wicomb
ALLE oud-rugbyspelers van Oudtshoorn, word hiermee genooi na ’n vergadering vir rugbylegendes wat gehou sal word op Donderdag 24 Julie om 18:00 (6nm) in die saal van die Bridgton Senior Sekondêre Skool.
Volgens een van die organiseerders, Danie Murray, is dit in almal se belang om die vergadering by te woon aangesien insiggewende kwessies bespreek sal word.
Oudspelers van die destydse Perseverance asook die huidige klubs soos All Blacks, Bridgton, Spring Roses, Harlequins en Collegians is welkom
Spelers moet hul ID-dokumente saambring.
Vir meer inligting kan Murray by 0743675372 of Piet da Silva by 0783726876 gekontak word.