Boshoff, Marais wen gholf

Laurie Boshoff, naaslinks, en Mario Marais, naasregs, was die wenners van Oudtshoorn Besig-heidskamer se gholfdag wat deur Oudtshoorn Ford ge-borg is. Regs staan Helen Butler van die Besigheidskamer en links Paul Stroebel, klubkaptein.  Foto:  Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
Laurie Boshoff en Mario Marais was Woensdag, 10 Julie, met 47 punte die wenners van die Besigheidskamer se maandelikse geborgde gholfdag op die plaaslike baan.

William Philippus en André Plaatjies was tweede met 46 punte, gevolg deur Hannes Smal en Jurie Neethling wat met 46 punte op ’n uittel derde was. Deon Barnard en Gideon Badenhorst was vierde met 45 punte en Louis Fourie jr en Kirsten Bredekamp vyfde met 44 punte.

Plaatjies het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan, Ockie Horowitz op die 8ste en Fourie op die 12de.

Paul Stroebel was Saterdag met 41 punte die wenner van die plaaslike gholfklub se gholfdag.

Billy Capel was tweede met 37 punte en Hannes Oosthuizen derde met 36 punte. Danie Terblanche en WM Badenhorst, ook met 36 punte, was op ’n uittel onderskeidelik vierde en vyfde.

Capel en Badenhorst het die boerpot gedeel en Gideon Badenhorst het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan.

Anton Kock en Johan Cornelissen het elk ’n spogtwee op die 3de ge-slaan en Julian Jacobs en Oosthuizen het dit op die 12de gedoen.