De Krans Wynkelder presteer by Klein Karoo Streeksjongwynskou

Verskeie produsente uit die Klein Karoo het met die nuwe wyne van 2024 aan die Klein Karoo Streeksjongwynskou deelgeneem en die uitslae is op 20 Augustus tydens ’n gesellige funksie (geborg deur Vinochem) by Joubert-Tradauw Privaatkelder in Barrydale bekend gemaak.

Op die foto hierbo is die De Krans wenspan, Chris Nel (links) Wingerdboukundige en Christoff de Wet, wynmaker.

Die Kampioen Privaatkelder, De Krans Wynkelder, ontvang die Standard Bank Trofee en die toekennings vir die Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Sauvignon Blanc), Kampioen Natuurlike Soetwyn, Reserwe Kampioen Shiraz en die Reserwe Kampioen Nie-Muskaat Versterk.

Vind meer uit oor die streek en sy wyne en besoek ons by www.kleinkaroowines.co.za. Foto verskaf

Be the first to comment on "De Krans Wynkelder presteer by Klein Karoo Streeksjongwynskou"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*